Tuisblad
Algemene Fotos
Boudoir Fotos
Gesin Fotos
Model Portfolio
Natuur Fotos
aa
Portret Fotos
  1. Bolyf fotos
  2. Gesig fotos
  3. Kop en Skouer fotos
  4. Kinder fotos
  5. Vollengte fotos
aa
Swangerskap
aa
Diere
aa
Trou Fotos
aa
Kontak Ons
aa
Pryslys
   
   
 
   

 

 
  d Tuisblad    
 

Meer oor Myfotograaf en hierna genoem Gerjanda Fotografie


Wie is Gerjanda Fotografie?

Baie welkom by myfotograaf se webblad. My passie vir fotografie dryf my en my sosiale veranwoordelikheid vir die mens en sy skoonheid stuur my denke en optrede wanneer ek met mense werk.  Iemand het eendag gesê: "Dont be afraid of dying-be afraid of the unlived life." Vir hierdie rede sal ek graag na al jou fotografiese behoeftes wil omsien omdat ek ook besorg is oor die kleiner dingetjies in die lewe soos detail en veral respek vir die mense wat ek fotografeer. Nadat ek die foto geneem net begin die skepping van 'n beeld, want ons neem nie bloot fotos nie. Ons maak fotos! By ons is dit soos tuis, jy sal gou ontspan en tuis voel. Omdat ek heelwat ondervinding opgebou het, weet ek dat my modelle my ook baie kan leer en is ek oop vir enige nuwe idees en wenke van die mense wat ek fotografeer. Ek is ‘n fotograaf met ’n liefde vir fotografie ook as kuns medium.Julle sal gemaklik voel en ontspan soos wat ek werk en gesels oor die redes waarom 'n sekere posering beter werk as 'n ander. "n Voorbeeld: Ek wil die dames slanker vertoon om die jeupe maar terselfde tyd die borslyn meer prominensie gee. Dame, ons sal vir jou in daardie posisie kry sonder spook of spartel."

My naam is Jan Potgieter en soos julle reeds weet, is fotografie vir baie jare al my passie (vanaf 1973 om presies te wees) en oor die jare was ek betrokke by verskillende kameraklubs in Pretoria, waar ek ontsettend baie geleer het. Oor die jare het ek ook heelwat lesings, aan nasionale en internasionale uitstallings deelgeneem, boeke gelees en deesdae ook die wonderlike internet se e-boeke wat baie raad gee oor verskillende aspekte van fotografie. In die begin jare het ek reeds my eie donkerkamer opgerig en my eie foto’s ontwikkel. Gerda, my vrou, het van die vroegste tye af reeds as my assistent opgetree en het my in die donkerkamer en met bykans alle foto sessies gehelp.

Daar moet altyd elemente van komposisie in 'n foto wees anders is dit bloot 'n tegniese tekening of weergawe van die voorwerp voor die kamera. Hier kyk ons graag na een van die eerste boeke wat oor fotografiese komposisie geskryf is en lees gerus die aanhaling: "Composition is the mortar of the wall, as the drawing and colour are its rocks of defence. Without it the stones are of little value, and are but separate integrals having no unity" Pictorial Composition and the Critical Judgement of Pictures by HR Poore 1903


Watter soort fotos neem Gerjanda Fotografie?

Portrette, troufoto’s en model portefeuljes het oor die jare die meeste aandag gekry en het ons gesinsfoto’s en kinderfoto’s ook nie afgeskeep nie. Ons het ook boudoir en nudes al gedoen wat as geskenk vir die besonderse dame se man bedoel is. Ons vertoon ongelukkig vir sommiges en gelukkig vir ander, nie op hierdie stadium enige voorbeelde van naakstudies op myfotograaf se webblad nie, omdat die foto’s ’n persoonlike emosie vir iemand besonders uitbeeld en bedoel is. Wat naakstudies en boudoir foto's aanbetref volg ons die konserwatiewe roete en word ons werk gekenmerk deur 'n stemmingsvolle uitbeelding wat oproepend van aard is. Die naakstudies en boudoir foto's kan ook as evokatief beskou word, dus verwyderd van die sogenaamde "Simple Nudes" of eenvoudig kaal wat volop te sien is en waar eksplisiete uitbeelding aanvaarbare foto's is. Nie by Jan en Gerda nie, ons neem nie daardie soort fotos nie. Met die stemmingsvolle ekslusiewe foto’s wat ons neem, sal ons meeste kere die model se gesig of oë nie eers vertoon nie. Die oog is die hart se venster!

Die fotos in die verskillende afdelings is ’n opsomming van my werk oor die jare en sluit baie ou negatiewe in wat al verweer het met die tyd. Ons het hulle so vêr moontlik ongerep gelaat sodat die evolusie van fotografie ook meer opmerklik is. Geniet asb my werk en voel vry om ’n een tot een afspraak te maak waar ons oor jou unieke behoeftes en verwagtings rondom 'n foto sessie by MyFotograaf of dan Jou Fotograaf kan gesels. Onthou net, geen alkohol voor of tydens die foto sessie word aanvaar nie. Dit is ons fotos en jy moet die beste ooit lyk op hierdie fotos!


Waar neem Gerjanda fotos?

Ek en Gerda bly in Mnandi, Centurion, en het die toerusting afgestof na ’n kort onderbreking van aanbou. Ons het al die jare ons sitkamer tydelik omskep in ’n ateljee wanneer ons kinders, gesinne en modelle afgeneem het. Hier by ons huidige huis op die plot in Mnandi is die ateljee nou 'n verlengde deel van ons sitkamer. Hierdie keer is daar net meer spasie. Ons het gevind dat die sitkamer idee werk om mense dadelik te laat ontspan en tuis te laat voel terwyl hulle ’n skyfievertoning kan sit en kyk wat sommige van ons werk insluit, julle sal dit ook geniet! Ons neem trou fotos in Midrand, Centurion, Pretoria en Hartebeespoortdam areas. Ons kan by julle huis of elders ook fotos neem met spesiale byeenkomste soos verlowings, Ram partytjie voor die troue, ooievaarstee, kinderpartytjies of ’n informele gesin foto in julle tuin of parkie naby julle huis.


Hoekom Neem Gerjanda fotos?

My groot liefde het nog al die jare gekonsentreer rondom mense en aan die anderkant wilde veldblomme. Ongelukkig het al my veldblomme foto's water skade opgedoen en is dit iets van die verlede. Al die fasette van fotografie wat mense betref is vir my stimuleerend. My doelwit is om die verskillende fasette van ’n persoon se menswees uit te beeld. Dit sluit ernstige foto’s, opgewekte foto’s, soms prikkelende foto’s soos boudoir fotografie vir die dames en vir hulle met waagmoed kan die enkele smaakvolle naakstudie ook ingesluit word. Hier sal die model voor moet vra omdat ons dit nie as ‘n “verpligte” deel van enige foto sessie beskou nie, maar eerder as ’n aparte sessie omdat beligting en ateljee opstelling heelwat aangepas word vir ons weergawe van naakstudies. Verder moet almal ’n foto sessie by Gerjanda Fotografie dit soveel geniet dat hulle graag sal wil terugkom vir ’n opvolg foto sessie.

Ons wil goeie fotografiese dienste beskikbaar stel teen bekostigbare pryse om vir meer mense goeie foto's van hulleself of geliefdes beskikbaar stel. Hiermee misken ons nie die uitnemende wek van top fotograwe nie, maar verstaan ook dat nie almal daardie prys kan bekostig nie. Hieruit dryf ons sosiale verantwoordelikheid ons om vir die meerderheid mense fotografise dienste moontlik en bekostigbaar te maak. Ons neem foto's wat vir almal voordelig sal wees, nou en met die herhinneringe in die toekoms.


Wat kos fotos by Gerjanda Fotografie?

Ons pryse is gebaseer op waarde vir geld en vir hierdie rede kry die kliënt basies hulle fotosessie of troue amper gratis as dit met ander fotograwe vergelyk word. Ons vra ’n deposito om die afspraak te verseker en dan word ’n persentasie van daardie geld beskikbaar gestel vir krediet op fotos wat daarna aangevra word. Maak gerus gebruik van hierdie voordeel en bespaar baie Rande. Ons het wel voorwaardes vir ons foto sessies rakende minimum bestellings omdat toerusting nie vir ewig hou nie en ons moet ook lewe sodat julle in die toekoms weer en weer kan terugkom! Sien ons pryslys wat deel van hierdie webblad is vir pryse.

 

 

My Fotograaf is ook bekend as Gerjanda Fotografie en ons werk in Gauteng Noord area insluitende Midrand, Centurion, Pretoria en Hartebeespoortdam. Ons foto ateljee is by ons huis in Mnandi,Centurion. Afsprake word deur Gerda hanteer by 082 558 6300 of Jan by 082 456 4700 of deur die "Kontak Ons" vormpie te voltooi